Thursday, October 27, 2011

Woensdag 26 Oktober

Die konferensie het vandag begin. Vroeg het ons by die hotel ontbyt geeet - gelukkig darem meer as net brood en konfyt. Die konferensieorganiseerders het busse van die hotel af gereel universiteit toe. Ons het toe gaan registreer en die program gekry. Die eesrte keynote was heel interessant.

Iewers deur die oggend het Sarel ons laat weet hy is in Parys en dat ons dalk kan ontmoet. Waao - wat is die kans dat ons saam hier is? Gelukkig werk die konferensie ook nog saam en is die middag se sessies hoofsaaklik spesiale sessies in ander areas en ons kon toe wegbreek na die oggendprogram.


Ons het gejaag terug hotel toe, alles neergegooi en is toe weer met die bus in stasie toe. Ongelukkig moes ons 'n ruk wag vir die volgende trein, maar Sarel is toe ook vertraag in sy vergadering. Ons reel toe om mekaar naby die Arc de Triomphe te kry. Ons moes nog 'n trein haal, maar ons het letterlik va die een in die ander een ingeklim en is toe by Arc so net voor 3. Dis nogal asemrowend om so uit die stasie uit te kom en die Arc in die sonlig voor joute sien!

Sarel is toe net aan die ander kant van die straat en net klaar met sy vergadering. Hy moes so 16:00 'n taxi lughawe toe kry. Ons kon to darem 'n glasie klink in Champs Elysees! Hoe spesiaal is dit nou nie! Gevoel of ons droom.

Na dit is ons om en om die Arc - ons het soveel fotos geneem - regte toeriste. Arc is regtig mooi.

Daarna is ons af in Champs. Die straat het soveel geskiedenis, en dit was nogal 'n storie om net geloop te kry tussen die massas en massas mense aan weerskante van die straat. Vandag is daar nie veel straatmusikante en skilders nie, dit is winkels en banke.

Aan die onderkant (of is dit nou die bokant?) by die Place de Concorde het ons ons verstom aan die Franse. Daar was 'n groot saamtrek om die terugkeer van die Franse rugbyspan te vier en daar was honderde mense met vlaggies wat gejuig het. Die Franse het net-net teen die Nieu Zeelanders die wereldbeker verloor, en hulle is maar baie suur oor die SA ref wat geblaas het.

Toe ons omdraai was die Eiffel al die tyd agter ons, en dit was skemer. Ons is toe langs di seine af tot by die Eiffel. Teen daardie tyd was ek lekker flou geloop maar dit was baie mooi. By die Eiffel het ons besluit om maar nie op te gaan nie, die toue was baie lank en ons het maar net fotos van alle hoeke geneem.


Ons het gedog ons kan daar iets eet, maar daar was nie restaurante naby die Eiffe nie, net op bote in die Seine en ons het toe maar die pad terug gevat stasie toe. Gelukkig het ons een van die ander lyne gekruis en kon ons toe trein ry terug Louvre se rigting toe. Die treinkaart was weereens nuttig. Daar het ons uitgeklim en eers iets geeet (ons sukkel maar met die Franse spyskaarte) voor ons terug is hotel toe. Thinus het so gesit en slaap op die trein, sy kop het gehag soos 'n petshop slang. Hy kon net nie sy oe oophou nie. Ons moes toe nog 'n rukkie wag vir die bus en was baie dankbaar vir die bed.

No comments:

Post a Comment